• Transaksies tot op hede verwerk
  • Bondeltransaksieverwerking
  • Ten volle veilig en beveilig
  • Direkte skakel na BankServ

Die Volledige Debietorderoplossing

Pasgemaakte aansluitingsvorms stel u kliente in staat om debietorders veilig aanlyn te versoek. Integrasie met u bestaande stelsels word moontlik gemaak deur ons fakturering TPK/"API" en webdienste. Integreer u onderneming direk met die bankstelsel om debietorderinvordering en rekonsiliasie te vergemaklik.

Ons bied 'n Rekeningverifikasiediens (RVD) waartydens die bankbesonderhede van kliënte teenoor 'n geldige ID of maatskappyregistasienommer geverifieer word.

Debietordermagtiging word aanvaar in die vorm van stem-, skriftelike of elektroniesemandaat. Ons verskaf ook geriewe om die e-mandate vir ten minste sewe jaar te berg soos deur PASA vereis.

Ons debietinvorderingsisteem met SnapBill-integrasie stel u in staat om ten volle pasgemaakte fakture en state uit te stuur, outomaties bondelopdragte van kliente vir spesifieke debietorder verhalings te verwerk, asook om rekonsiliasie direk by BankServ te doen.

Direct Debit bied 'n verskeidenheid debietordergeriewe vir die verwerking van debietorders vir beide bank- en kredietkaartrekeninge. Dit sluit in elektroniese fondsoorplasingdebiete (EFO/"EFT") (Selfdedag en Tweedae), kredietvereffenings (Selfdedag, Tweedae en Eendag) en niegeoutentiseerde vroeë debietorders (NGVDO/"NAEDO") vir klein tot groot ondernemings.

Gedetailleerde verslagdoening is deurlopend beskikbaar vir alle verwerkte transaksies, insluitend suksesvolle, onsuksesvolle en betwiste transaksies. Ons verslae sluit ook in terugbetalingskedulerings en 'n bankverslag met bedrae wat vir elke bondel ingevorder is, uitbetalingsdatum en toegang tot u volledige bankstaat.

Eienskappe van die Debietorderstelsel

Top-vlak
buro

Top-vlak buro

Direct Debit se dienste is op die vlak van 'n handelsbank en alle kliënte ontvang debietordergeriewe direk by BankServ.

Direkte skakel na BankServ

Ons stelsels koppel direk met BankServ wat ook die verwerking van die transaksies doen. Dit maak ons een van die min uitgesoekte top-vlak buros in Suid-Afrika.

Invordering met eie
gebruikerskodes

Invordering met eie gebruikerskodes

Verkry u eie private gebruikerskode om dit vir kliënte moontlik te maak om u maatskappy se kortnaam op hul bankstate te identifiseer, asook om u direk te kan kontak.

Buigbare spertye vir
indienings

Buigbare spertye vir indienings

Gewone bondelindienings se spertyd is daagliks om 12:00, met uitsondering van ons integrasiestelsel, API en webdienste, wat vir 'n spertyd van 15:30 voorsiening maak.

Vinnige
rekonsiliasie

Vinnige rekonsiliasie

Direkte integrasie met BankServ beteken noukeurige en vinnige rekonsiliasie. Ons rekonsilieer ten volle elke debietbondel teen 8:00 op dieselfde sakedag.

Onderhandelbare
terugbetalingbepalings

Onderhandelbare terugbetalingbepalings

Ons moniteer u terugbetaling- bepalings deurlopend en maak aanpassings soos wat u statistieke verbeter. Ons beding ook aanvanklike terug- betalingbepalings op grond van invorderingstatistieke.

Volle
outomatisering

Volle outomatisering

Integrasie met verskillende stelsels stel u in staat om die hele debietorderinvordering- proses, van die aanvanklike opteken tot rekonsiliasie van betalings vir elke debiteur, te outomatiseer.

Bespaar op
bankfooie

Bespaar op bankfooie

Direct Debit bespaar op bankfooie deur middel van professionele konsultasie, direkte integrasie met die bankstelsel en doelgemaakte oplossings geskoei op die individuele behoeftes van elke besigheid.

Debietorderinvordering en Betalingsdienste

  • EFO Debiet & Krediet

    EFO/"EFT" debietorders en EFO/"EFT" kredietbetalings is beskibaar as Selfdedagvereffening (SDV) en Tweedagvereffening (2-Dag), met 'n limiet van R500,000 per opdrag.

  • NGVDO Debietorders

    NGVDO/"NAEDO" debietorders is beskibaar as Selfdedagvereffening (SDV) met 'n beperking van R15,000 per opdrag. NGVDO/"NAEDO" debietorders beskik oor die vermoë om debiteure se rekeninge na te spoor ten einde te verseker fondse word ingevorder.

  • Kredietkaarte

    Herhalende EFO/"EFT" debiete (Selfdedag) van alle vername kredietkaarte, insluitende VISA, MasterCard, American Express en Diners Club. Berggeriewe vir inligting wat aan PCI-vereistes voldoen, word verskaf.

  • RVD

    Rekeningverifikasiediens (RVD) om kliënte se bankbesonderhede te verifieer ten einde vas te stel of die rekening vir debitering en kreditering voorsiening maak. Hierdie diens is beskikbaar Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00.

Invordering Op U Manier

Ons roem daarop dat ons ondernemings die geleentheid bied om debietorderinvorderings moeitevry te verwerk met ons buigbare, beveiligde en effektiewe stelsel. Of u besigheid nou 'n behoefde het aan die laai van 'n eenvoudige bondelversoek of 'n ten volle geoutomatiseerde, wolkgebaseerde kontrakbestuuroplossing, Direct Debit kan in jou behoeftes voorsien.

  • SaaS Fakturering

    Die SnapBill-stelsel bestuur kliente se inligting, bondelinvorderings en outomatiseer rekonsiliasie met tegelyk plooibare faktureringsopsies, verslae en statistieke.

  • Integrasie

    Koppel u tussenvlakstelsel direk aan die bank vir debietorderinvordering en rekonsiliasie. Dit word moontlik gemaak via 'n REST TPK/"API"- of SOAP-diens.

  • Kontrakbestuur

    Hierdie stelsel dien as 'n databasis. Dit bevat onder andere voorafbepaalde velde en genereer outomaties 'n bondellêer en laai dit by BankServ vir verwerking ooreenkomstig die gespesifiseerde voorwaardes.

  • Oplaai van Lêer

    Web-gebaseerd, toegang met gebruikerkode en wagwoord. Laai met die hand 'n bondellêer met die kliënt se bankbesonderhede in CSV (teks) formaat op ons stelsel vir verwerking.

Ons Kliente is Mal oor Ons

  • Yoco Technologies

    Fintech

  • NEASA

    Regsdiens

  • Konica Minolta

    Huurprodukte

  • ACM Gold

    Valuta Handel

  • Spartan

    Finansiering

  • OohBox!

    Inskrywingboks

Kontak Ons

Vir meer inligting voltooi die vorm hieronder en ons sal met u in verbinding tree.